Eerstejaarskonsert 2023: Die wag werd

Kultuur, choreografie, en tong-in-die-kies-komedie het oorheers tydens vanjaar se eerstejaarskonsert wat deur Minjonet en Patria gewen is. Dié sleepkoshuis het in al die kategorieë van sang tot kostuums en toneelspel gewen. 

Vergeet-My-Nie en Veritas het die tweede plek behaal en Wanda en Over-de-Voor was algeheel derde. 

Dié konsert het vanjaar later as gewoonlik plaasgevind weens die verlenging van registrasie. Eerstejaarstudente het die geleentheid gekry om van 3-4 Maart in sarsies met hul talente op die verhoog te pronk. Die gewilde konsert het vanjaar in die Totius-saal op die Noordwes-Universiteit (NWU) Potchefstroom-kampus plaasgevind maar die plek is te klein om die skares studente wat gewoonlik opdaag, te huisves. Die koshuise is in twee groepe verdeel en het elk twee vertonings op die betrokke aande gelewer.

Sterre belyn in die Totius-saal se kollig. Foto’s: Janlu Fourie.

Vir Elize-Mari Gerber, lid van die kampusstudenteraad (KSR) se bemarkingspan was die mees bepalende kenmerk, die feit dat dat die konsert nie virtueel plaasgevind het soos die vorige jaar nie. “Ons het ‘n gehoor wat weer ‘live’ vir die eerstejaars kan ‘cheer’ en ondersteun,” het Gerber opgewonde gesê. 

Hierdie konsert was (die eenmaal skeptiese) Mop Fourie van Over de Voor, se debuut op die verhoog, maar die ondervinding het hom geleer “dat toneel eintlik nie so sleg is nie.” Fourie het gesê  “die feit dat ons die heeltyd terugkom en dit beter kan doen as wat ons die vorige keer het”, het gehelp dat hy sy koshuis se naam kon hooghou. 

Denieke Fourie, ‘n danser van Eikenhof-vrouekoshuis, het gebieg dat sy gespanne was oor die eerste vertoning van die aand. “Jou koshuis, sleepkoshuis, en die seniors kyk almal vir jou, en jy wil hulle trots maak, so die druk was aan.” Sy was geklee in ‘n indrukwekkende skitterblink goue uitrusting en grimering – alles gedoen deur die koshuis se studente.

Maar met die eerste vertoning agter die rug, het sy gesê: “R&O [registrasie en oriëntering] was die beste manier om my lewe as student mee af te skop, en die [eerstejaarskonsert] was die beste manier om R&O mee af te sluit.” Ondanks die moegheid was Fourie ekstaties oor haar vertoning. “Ons het geweet ons gaan nooit weer die geleentheid [om aan die eerstejaarskonsert deel te neem] kry nie en dit het die aand meer spesiaal gemaak.”

Mia Küsel, ‘n vierdejaar in Klawerhof, het vir die eerste keer die konsert bygewoon sedert sy in haar eerste jaar sélf op die verhoog was. “My gunstelingdeel was om ons koshuis  op die verhoog te sien, want ek het hulle gesien repeteer en om die finale produk te sien was net só goed,” het sygesê. 

Die alumni en kunstenaars wat die beoordeelaarspaneel opgemaak het, het gekyk na elke aspek van die toneel, insluitend sangkwaliteit, storielyn, en choreografie. 

“Dit was lekker, maar ek is bly dis klaar,” het Skroef Jurgens  verlig gesê. Hy meen die gehoor het baie van die vertoning gehou. Hy het egter baie daarna uitgesien om die uitputtende gebeurtenis te vier met ‘n “babbelas”. – Deur Asanté Goeda, Janlu Fourie

Uitslag van die 2023 Eerstejaarskonsert 

Algeheel: 

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Wanda & Over-de-Voor
  4. Bellatrix & Laureus
  5. Klawerhof & Ratau / Dinki & Hombré (gelykop)
  6. Klawerhof & Ratau / Dinki & Hombré (gelykop)
  7. Kasteel & HEIMAT
  8. Eikenhof & Excelsior
  9. Heide & Caput
  10. Karlien & De Wilgers
  11. Oosterhof, Wag-‘n-Bietjie, & Villagers
  12. Huis Republiek & Dennedorp
  13. Lavaria & Soetdorings

Eie komposisie:

  1. Minjonet & Patria
  2. Klawerhof & Ratau / Vergeet-My-Nie & Veritas

Multikultrieel:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas / Dinki & Hombré (gelykop)
  3. Vergeet-My-Nie & Veritas / Dinki & Hombré (gelykop)

Humor:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas / Dinki & Hombré (gelykop)
  3. Vergeet-My-Nie & Veritas / Dinki & Hombré (gelykop)

Sang:

  1. Minjonet & Patria             
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas / Klawerhof & Ratau Lebone (gelykop)
  3. Vergeet-My-Nie & Veritas / Klawerhof & Ratau Lebone (gelykop)

Begeleiding:

  1. Minjonet & Patria             
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Bellatrix & Laureus

Dekor en rekwisiete:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Wanda & Over-de-Voor

Kostuums:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Bellatrix & Laureus

Afronding:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Dinki & Hombré / Wanda & Over-de-Voor / Wag-‘n-Bietjie, Oosterhof, & Villagers

Spontaneïteit:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Wanda & Over-de-Voor / Eikenhof & Excelsior

Toneelspel:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Eikenhof & Excelsior

Teks en storielyn:

  1. Minjonet & Patria
  2. Vergeet-My-Nie & Veritas
  3. Wanda & Over-de-Voor

Choreografie:

  1. Minjonet & Patria
  2. Wag-‘n-Bietjie, Oosterhof, & Villagers
  3. Vergeet-My-Nie & Veritas

Gebruik van rekwisiete:

  1. Minjonet & Patria
  2. Wag-‘n-Bietjie, Oosterhof, & Villagers
  3. Kasteel & HEIMAT